Nuwe uitbreiding in Vaalharts sonder gemeenskapsdeelname goedgekeur


Die AfriForum-tak in Vaalharts het ’n petisie begin oor ’n nuwe uitbreiding in dié gebied. Hoewel die gemeenskap nie teen die uitbreiding gekant is nie, is die algemene konsensus in die gemeenskap dat hulle geen aandeel in die beplanning van dié nuwe uitbreiding gehad het nie.

Hulle voel ook dat ander diensleweringskwessies eers dringend aandag moet geniet voordat ’n nuwe uitbreiding oorweeg kan word.

“Die Phokwane Munisipalitiet kan reeds nie voldoende dienste aan die gemeenskap lewer nie en sal beslis nie ’n bykomende uitbreiding kan ondersteun nie. Daar is ook wetlike aspekte wat in ag geneem moet word met betrekking tot die goedkeuring van só uitbreiding,” sê Theo Joubert, voorsitter van die AfriForum-tak in Vaalharts.

Linja van Wyk, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, sê dat AfriForum ondersoek sal instel en sal verseker dat die nodig prosesse wel gevolg is.
Die plaaslike tak gaan op 17 Februarie 2017 die petisie saam met ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 aan die munisipale bestuurder oorhandig.
Die Vaalharts-tak het ook vroeër die maand ’n waarskuwing aan die Phokwane-munisipaliteit gerig ná vele klagtes uit die Jan Kempdorp-gemeenskap ontvang is oor die onwettige besetting van ’n munisipale terrein, Guldenskat.
Ondersteun die petisie deur “Nkandla” na 32532 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings