Ons is Afrikaners
Onderwys- en leierskapprojekte
Kultuursake is verantwoordelik vir nasionale strategieontwikkeling, projekte wat met internasionale skakeling verband hou, asook terreine wat met taal en kultuur verband hou.

#EkIsWondermeisie
AfriForum en Solidariteit Helpende Hand vat hande met die #EkIsWondermeisie-veldtog. Dié inisiatief is ’n samesmelting van AfriForum se teenboelieveldtog en Helpende Hand se FroueVonds en #HelpHetta-projek. Dit is daarop gemik om ’n verskil te maak in behoeftige meisies se lewens. Vanjaar lê dié organisasies besoek af by skole in die Oos-Kaap.
AfriForum se teenboelieveldtog fokus op die bemagtiging van jongmense en om hulle toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om boeliegedrag hok te slaan. Soms vind innerlike boeliegedrag plaas, veral onder jong meisies.
Drieduisend skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die #HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte kwartaalliks aan hierdie meisies. Hierdie Hetta-meisies ontvang ook opleiding in verskillende kwessies, waaronder verwerping, groepsdruk, selfverdediging en mishandeling. Verder word hulle emosioneel en geestelik ondersteun deur gereelde WhatsApp-boodskappe. Die inhoud word deur Helpende Hand se span maatskaplike werkers saamgestel. Besoek www.helphetta.co.za vir meer inligting.
In ’n gebroke en mededingende wêreld is dit juis nodig om meisies te bemagtig om uit te staan in hierdie wêreld deur hulle aan te spoor om net hulself te wees. Tydens die Help Hetta-toer word baie elemente van AfriForum se teenboelieveldtog gebruik, waar daar gesels gaan word oor die belangrikheid van selfwaarde en dat ons ons waarde nie in hierdie wêreld moet soek nie, maar dat ons klaar waardig is in God se oë. Meisies is geneig om hulself af te breek deur middel van vergelyking en die gebruik van sosiale media – dit knak baie keer hul selfvertroue. Dit is belangrik dat meisies ook op so ’n manier bemagtig word dat hulle moet besef dat hul liggame ’n tempel van Jesus Christus is en dat hulle hul eie liggame moet respekteer en bewaar en dat hul liggame ook deur ander gerespekteer moet word. #EkIsWondermeisie sal die meisies ook leer om hul volle wapenrusting aan te trek.
Ontmoet die #EkIsWondermeisie-span

Benette Welman
Projekorganiseerder by Solidariteit Helpende Hand

Leandie Bräsler
Bestuurder: Juniorjeugleierskap-ontwikkeling by AfriForum

Bernadette Nel-Naude
Gemeenskapontwikkelingsbestuurder by Atlas Sekuriteit in Port Elizabeth

Tania Scheepers
Projekassistent: Onderwys by AfriForum
Onderwysnuusbrief
Bly op hoogte van die jongste verwikkelinge in die onderwyssektor.
Welkom by ons onderwysnuusbriefblad! Hier deel ons die jongste nuus, insigte en inisiatiewe wat die onderwyssektor en ouers raak, met ’n spesiale fokus op AfriForum se projekte, veldtogte en gemeenskapsbetrokkenheid.
Maak seker jy bly op hoogte van die jongste nuus deur op ons maandelikse nuusbrief in te teken. Vul jou e-posadres hieronder in om elke maand ons nuusbrief in jou inboks te ontvang.
Teken in
Kontak ons
"*" indicates required fields