|

#OnsDorp: AfriForum se Malmesbury-tak reik uit na ouetehuis

Die AfriForum-tak in Malmesbury het in Julie, as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek, bederfpakkies by die Goue Aar Ouetehuis uitgedeel.

Die tak het 70 bederfpakkies uitgedeel aan die inwoners om te wys dat hulle waardeer word. Daar is ook aan die personeel bederfpakkies uitgedeel om op só manier hulle te bedank dat hulle so goed na die bejaardes omsien.

Die bejaardes het ook die tak-lede bederf deur ’n paar lofliedere te sing. “Dit was wonderlik om deel te kon wees van hierdie aksie. Die dankbaarheid en blydskap van die inwoners oor hierdie klein gebaar van omgee was werklik hartroerend,” sê Kim Poulton voorsitter van die AfriForum-tak in Malmesbury. 

“Ons sal beslis in die toekoms voortgaan met aksies soos hierdie en ons wil graag die gemeenskap uitnooi om deel te word van hierdie span en sodoende ’n groter verskil te maak,” sluit Poulton af.

Sluit aan by dié AfriForum-tak deur “Boland” na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings