|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Edenvale-tak maak Eastleigh-stroom skoon

As deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog het dié organisasie se Edenvale-tak op 19 Oktober 2019 die stroom in Eastleigh en die omliggende gebied skoongemaak.

Die takbestuur het in samewerking met die Edenvale Lions-basketbalspan omstreeks 09:00 op die hoek van Eerstelaan en Shortstraat in Edenvale bymekaargekom en die vullis in die area opgetel. Ongeveer 40 mense het aan die aksie deelgeneem en heelwat rommel is uit die stroom verwyder.

John Dory’s by die Greenstone Mall in Edenvale het die helpers op koeldrank en sushi getrakteer. Verder het almal wat gehelp skoonmaak het, ook geskenkbewyse gekry wat die daaropvolgende Maandag by die restaurant gebruik kon word.

“Ons is baie dankbaar vir die samewerking tussen die betrokke instansies en die donasies wat ontvang is. Hierdie was ’n groot sukses en AfriForum se Edenvale-tak sal in die toekoms soortgelyke aksies aanpak,” sê Linda McKenzie, ondervoorsitter van AfriForum se Edenvale-tak.

“Só ’n aksie dien as bewys dat gemeenskapstrukture self aan die werk moet spring vir ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms,” sluit Peter Kingsley, voorsitter van AfriForum se Edenvale-tak, af.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Edenvale” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings