|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Kempton Park-tak verwyder onwettige borde

As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het dié organisasie se Kempton Park-tak die afgelope paar weke ’n groot aantal onwettige borde teen lamppale en verkeerstekens in die omgewing verwyder. Dié probleem word al gereelder in die area opgemerk en lede van die gemeenskap het self hand aan die ploeg geslaan om die omgewing skoon te maak.

Lede en die takbestuur het 690 plakkate verwyder. Só ’n aksie bewys dat gemeenskapstrukture self aan die werk moet spring vir ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms en dat die gemeenskap nie op munisipaliteite kan wag om dienste aan gemeenskappe te lewer nie.

“Hoewel hierdie aksie nie ’n volhoubare oplossing vir die probleem is nie, is dit steeds verblydend om te sien hoe verskeie strukture en gemeenskapslede kan saamwerk om ’n proaktiewe verskil in hul omgewing te maak,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Kempton Park” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings