|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Roodepoort-tak skenk bome

Die AfriForum-tak in Roodepoort het op 9 Oktober 2020 vyftien bome aan die Hamerkop-voëlpark geskenk. AfriForum het die skenking gemaak aangesien ’n groot aantal bome in dié park in 2019 tydens ’n verwoestende brand vernietig is. Die Hamerkop-voëlpark huisves 162 verskillende voëlspesies.

“Die bome is by inheemsebome.co.za aangekoop en na die voëlpark vervoer. Dit sal nie net as nuwe tuistes vir al die voëls dien nie, maar ook ’n pragtige uitsig aan die nabye gemeenskap bied,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

AfriForum beoog om jaarliks al hoe meer bome in gemeenskappe te plant. Wanneer ’n boom geplant word, verskaf dit nie net suurstof en skaduwee nie, maar dit skep ook hoop vir die toekoms.

Besoek www.onsdorp.co.za en gee aan AfriForum die mandaat om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak. Raak betrokke en word deel van die verskil.

Soortgelyke plasings