#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Sannieshof-tak neem aan skoonmaakaksie deel


Die gemeenskap in Sannieshof het oorlog teen die vuil toestand van die dorp verklaar en ’n skoonmaakaksie geloods. Dié aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is om probleme op dorpe self op te los.

Die Sannieshof-tak nader mense wat by die vullisterrein na kos soek om die rommel op die dorp op te tel en betaal hulle dan R5 vir elke sak vol rommel. Gemeenskapslede verskaf die vervoer om die sakke na die vullisterrein te neem. Honderde vullissakke is reeds weggery. Die tak gee ook skenkings vir die aankoop van nodige toerusting.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, is dit ongelooflik om te sien hoe die gemeenskap eienaarskap van hul dorp neem. “Dit behoort elke dorp se vooruitsig te wees. Dit is vir die Sannieshof-tak ’n voorreg om aan hierdie inisiatief deel te neem en ons wil almal wat betrokke is, hartlik bedank.”

Word deel van die AfriForum-tak in Sannieshof en dra tot ’n welvarende gemeenskap by.

Soortgelyke plasings