|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Stellenbosch-tak maak Kromrivier skoon

AfriForum se Stellenbosch-tak het op 12 Oktober 2019 ’n skoonmaakprojek geloods as deel van dié burgerregteorganisasie se #OnsDorp-veldtog. Lede van dié tak het in samewerking met die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit en gemeenskapslede die omgewing langs Kromrivier by die Helshoogtebrug skoongemaak.

Die munisipaliteit het die vullissakke voorsien en ongeveer 25 sakke rommel en ander groter items is opgetel, wat ná die tyd deur die munisipaliteit weggery is.

“Die projek, wat ’n eerste van vele is, was ’n reusesukses. Ons pragtige omgewing lê ons na aan die hart en ons wil verseker dat dit so mooi bly – ook vir ons nageslag,” sê Karin Hanekom, voorsitter van AfriForum se Stellenbosch-tak.

E-pos deon.dejager@afriforum.co.za om by die Stellenbosch-tak se skoonmaakinisiatiewe betrokke te raak.

Soortgelyke plasings