#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Vryburg-tak maak dorp skoon

AfriForum se Vryburg-tak het vandeesmaand reeds die dorp begin skoonmaak as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Verskeie inwoners het oor die toestand van die dorp gekla, veral oor vullis wat oral in die dorp gestort word. Dié AfriForum-tak het dadelik ingespring om die betrokke gebied skoon te maak en taklede het al die vullis verwyder.

“Ons is trots op ons dorp en het lankal besluit dat ons self betrokke moet raak om die dorp te verbeter en weer netjies te laat lyk,” sê Dries van Wyk, voorsitter van AfriForum se Vryburg-tak.

Inwoners van Vryburg bedank gereeld die Vryburg-tak vir hul dienste en inisiatief.

“Ons nooi Vryburg se inwoners uit om deel van die plaaslike tak te word en ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Soortgelyke plasings