#OnsDorp-veldtog: AfriForum-tak in Vryburg stof Boereherinneringe af


Die AfriForum-tak in Vryburg het in samewerking met Working on Fire- (WOF-) werkers die plaaslike konsentrasiekampbegraafplaas en -park skoongemaak en drie bome daar geplant. Die WOF-werkers vorm deel van ’n staatsprojek vir die bestryding van brande, wat ook voorkomende werk insluit.

Die gras in die park was só lank dat besoekers se toegang tot die park heeltemal belemmer is. Mnr Cecil Doyle, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak se omgewingsakeportefeulje, het die skoonmaakaksie gereël en die span van brandstof en toerusting voorsien sodat die gras gesny kon word.

“Dit was vir ons heerlik om saam met Suretha Bellinghan en haar span te werk. Hulle is uiters bekwaam om sulke aksies te behartig en AfriForum sal die span in die toekoms beslis weer by aksies betrek om ons dorp skoon te hou,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te ondersteun deur self vullis op te ruim en nie rommel te strooi nie.
Besoek www.onsdorp.co.za en gee aan AfriForum ’n mandaat om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak. Raak ook self betrokke.

Soortgelyke plasings