Sasolburg is keelvol!

Inwoners van Sasolburg is keelvol vir swak dienslewering. Slaggate word nie opgevul nie, straatligte word nie herstel nie en die vullisterrein is in ’n haglike toestand. Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit het ’n plig teenoor die gemeenskap om hierdie kwessies aan te pak, maar tog val alle klagtes op dowe ore.

AfriForum se Sasolburg-tak gaan ’n vergadering met die munisipaliteit belê en op ’n aksieplan aandring ten einde ’n werkbare oplossing vir hierdie probleme te vind.

Voeg jou naam by hierdie petisie en gee sodoende aan AfriForum die mandaat om swak dienslewering namens jou aan te pak.

 

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings