|

ONTTREKKING VAN SEKERHEIDSGROENSKRIF: EERSTE OORWINNING IN BELASTINGPROTESVELDTOG

AfriForum het vandag die onttrekking van die groenskrif vir maatskaplike sekerheid deur minister Lindiwe Zulu bestempel as ’n belangrike eerste oorwinning in sy belastingprotesveldtog wat gister afgeskop het.

Volgens Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, moet momentum nou verder gebou word om omvattende belastinghervorming in Suid-Afrika teweeg te bring.

Die bekendstelling van AfriForum se belastingprotesveldtog – wat gepaardgegaan het met die uitreik van ’n belastingmanifes waarin dié burgerregteorganisasie ’n dispuut met die regering verklaar en omvattende eise stel – is onder meer in reaksie op die vrystel van dié groenskrif.

Verdere momentum moet nou gegee word en die regering moet eenvoudig gedwing word om AfriForum se eise namens belastingbetalers ter tafel te neem.

Volgens Kruger is AfriForum se manifes gister aan die kantoor van pres. Cyril Ramaphosa gestuur. Die organisasie verwag dat die president en tersaaklike amptenare met AfriForum sal ontmoet om erkenning te gee aan die burgerlike belastingsekretariaat wat deur AfriForum gestig is om namens belastingbetalers met die regering te onderhandel.

“Ons is bly dat ander organisasies en die breër publiek hul stem by ons belastingprotesveldtog voeg. ’n Verenigde front teen belastingmisbruik en volgehoue druk om verandering sal die ANC uiteindelik móét laat onderhandel oor AfriForum se eise,” sê Kruger.

  • Sien AfriForum se belastingmanifes hier.

Soortgelyke plasings