Oomblik van stilte vir plaasmoord- en geweldmisdaadslagoffers: Steun oud-Bokke se pleidooi

 

AfriForum het ’n platform geskep waar lede van die publiek hul steun tot die wêreldkampioen-Springbokrugbyspan van 1995 se pleidooi aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) kan voeg.
In dié pleidooi versoek die oud-Bokke ’n oomblik van stilte vir alle slagoffers van plaasmoorde en geweldmisdaad voor eerskomende Saterdag se Curriebeker-finaal tussen die Sharks en die Westelike Provinsie by Kings Park in Durban, KwaZulu-Natal.
Die oud-Bokke skryf in hul pleidooi aan SARU onder meer dat “geweldmisdade gemeenskappe landwyd vernietig” en benadruk voorts die toenemende plaasaanval en ‑moordsyfers sowel as die 2016/2017-misdaadstatistiek wat onlangs bekend gemaak is.

“Sedert 1 Januarie 2017 is ten minste 341 plaasaanvalle reeds uitgevoer, waartydens 70 mense vermoor is. Dit beteken dat daar tot dusver in 2017 reeds meer moorde tydens plaasaanvalle gepleeg is as die totale aantal plaasmoorde gedurende 2016,” sê Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof.

  • Klik hier om jou naam tot die pleidooi aan SARU te voeg.

 
 

Soortgelyke plasings