|

Organisasies snoer kragte saam om hulp te verleen ná Noord-Kaap-brande

AfriForum se Bo Karoo-streektak, Saai en die Orania Beweging het vandeesweek ’n veldtog van stapel gestuur om hulp te verleen aan boere in die Noord-Kaap ná die verwoestende brande wat die afgelope paar dae in die area gewoed het. Duisende hektaar het in die Kimberley- en Hopetown-omgewing afgebrand.

Lede van AfriForum se Bo-Karoo-streektak, die Orania-gemeenskap en talle ander organisasies het met boere van die omgewings saamgewerk om die verwoestende brande onder beheer te bring.

“Enige skenking vanaf boere in die vorm van voer sal opreg waardeer word en ons wil ’n ernstige beroep op mense doen om ’n donasie te maak sodat die nodige hulp by die boere kan uitkom,” sê Magdaleen Kleynhans, voorsitter van AfriForum se Bo Karoo-streektak.

Die gemeenskapsveiligheidsentrum in Orania was die basis waaruit die koördinering van Orania se brandbestryders, wat gehelp het om van die brande te blus, plaasgevind het.

Gebruik die volgende bankbesonderhede indien jy ’n donasie wil maak:

Rekeninghouer:          AfriForum NPC
Takkode:                     261550
Rekeningnommer:      62349898398
Bank:                           FNB
SWIFT-kode:              FIRNZAJJ
Verwysing:                  Brande

Elke donasie sal direk gebruik word vir die aankoop en vervoer van voer vir diere.

Soortgelyke plasings