Oudtshoorn-tak lê krans op C.J. Langenhoven se graf ter herdenking van Die Stem se 100ste verjaardag


As deel van die herdenking van Die Stem van Suid-Afrika se 100ste verjaardag het AfriForum se Oudtshoorn-tak ’n krans op C.J. Langenhoven se graf gaan lê.
C.J. Langenhoven het op 31 Mei 1918 die eerste drie verse van Die Stem van Suid-Afrika in Arbeidsgenot, sy huis in Oudtshoorn, voltooi en later die laaste vers in Stellenbosch. Dié gedig spreek dat die Afrikaner-kultuurgemeenskap die grond wat hulle vir eeue reeds hul tuiste noem só lief het dat hulle selfs hul kultuur en taal daarna vernoem het. Die Stem is geskryf in ’n tyd van groot swaarkry in die geskiedenis van die Afrikaner toe dié kultuurgemeenskap onder Britse imperialisme, konsentrasiekampe en ’n rebellie onderdruk is.

“Die Stem herinner aan tye van swaarkry, onderdrukking en die Afrikaner se totale afhanklikheid van God. Dit is ’n danklied en ook ’n belofteslied om na God se skepping om te sien en dit te bewaar,” sê Bernard Pieters, AfriForum se nasionale jeugkoördineerder vir dorpstrukture.

Hierdie kultuurskat sal ’n 100 jaar van nou af steeds net so gewild en geliefd wees onder Afrikaners omdat die gedig tydlose temas aanraak. Pieters moedig ook jonger mense aan wat slegs die deel ken wat tans in die Suid-Afrikaanse volkslied verskyn om te gaan lees watter mooi gedig van liefde en rentmeesterskap dit werklik is.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak se aktiwiteite betrokke: SMS “Oudtshoorn” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings