Patrollie in Ellisras – só help AfriForum die dorp beveilig


AfriForum se Ellisras-tak het Saterdag 14 Oktober 2017 patrollie gery om veiligheid in dié dorp te versterk en misdaad te bekamp deur sigbaar te wees.
Die AfriForum-buurtwag het die aand vanaf 21:00 tot 03:00 die volgende oggend patrollie gery. Geen insidente of voorvalle is aangemeld nie.
Volgens Aldo Venter, voorsitter van die Ellisras-tak, is dit belangrik dat die buurtwag in die dorp sigbaar is om misdaad te voorkom en slegte elemente uit die gebied te verdryf.

“Gereelde patrollies maak dit moeilik vir misdadigers om hul planne uit te voer. Ons moet verantwoordelikheid neem vir ons eie veiligheid en as ’n gemeenskap saam staan om dít te verseker.”

SMS (R1) die woord “Veiligheid” na 45340 of stuur e-pos na aldo@ezt.co.za om by die buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings