|

Patrollie help om Ermelo-strate te beveilig

AfriForum se buurtwag in Ermelo het op 8 Oktober 2021 ’n patrollie gehou om te help om die dorp te beveilig. Buiten die normale taak van buurtwaglede om woonbuurte te beveilig, is daar ook spesiale aandag gegee om te help om areas rondom substasies en ander kraginfrastruktuur in Ermelo te beveilig. Heelwat van hierdie infrastruktuur is die afgelope tyd geteiken deur vandale wat die eiendom beskadig om koper te steel.

Daar is ook op een plek skoongemaakte kabels gevind, maar die koper was reeds verwyder.

“Aksies soos hierdie sal al hoe meer deur gemeenskapslede gedoen moet word aangesien die stryd teen misdaad al hoe erger raak en die polisie kan net nie byhou nie,” sê Frikkie du Plessis, lid van AfriForum se Ermelo-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings