|

Petisie oor die Tsitsikamma-bewaringsgebied

AfriForum is ook bekommerd oor die toekoms van die Tsitsikamma-marienebewaringsgebied (TMBG) en gereed om met jou steun regsaksie in dié verband te neem. Die TMBG is die oudste bewaarde mariene gebied in die wêreld en verskaf ’n unieke habitat vir bedreigde en uitgebuite visspesies. Dit is ook een van die grootste broeigebiede vir onder meer endemiese visse. Navorsing toon dat akwatiese fauna ernstig beskadig kan word as selfs die kleinste visseraktiwiteite hier toegelaat word.

Soortgelyke plasings