Petisie teen ontwikkeling in Oudtshoorn

Sowel AfriForum se Oudtshoorn-tak as dié dorp se inwoners sê “Nee” vir die beoogde ontwikkeling van die gebiede gemerk 9, 4, 12A, 12B, 10, 11A, 11B, 11D, 15 en 22 soos in geel aangedui op bl. 32 van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) soos gepubliseer op die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit se webtuiste. Onafhanklike navorsing het reeds in 2014 bewys dat die gemelde gebiede uiters sensitiewe plantegroei en dierelewe huisves wat vir ons nageslagte bewaar moet word. AfriForum eis verder dat die gemelde gebiede as bewaringsgebiede geproklameer word ten einde die bewaringsproses te ondersteun wat reeds deur die aangrensende bewoners toegepas word.

Onderteken die petisie en voeg sodoende jou naam by diegene wat vir Oudtshoorn en die omliggende omgewing omgee.

Soortgelyke plasings