Petisie teen Westonaria Munisipaliteit vir die onbekwame sekuriteitsmaatskappy by Venterspos en Glenharvie se substasies

AfriForum se Westonaria-tak en gemeenskapslede wil graag die res van die publiek vra om hulle te ondersteun en die petisie te teken om die onbevoegde sekuriteitsmaatskappy by die Venterspos en Glenharvie substasies in Westonaria te verwyder.

Die sekuriteitsmaatskappy wat die munisipaliteit tans in diens het, is nooit op die toneel wanneer daar ’n insident plaasgevind het nie. Beamptes kom elke dag laat aan diens en versuim om enigiemand in kennis te stel as daar ’n insident is, omdat hulle glo te bang is. Daar word ook beweer dat hulle dalk betrokke kan wees by sommige van die insidente. Die substasies word besteel en geplunder wat daartoe lei dat die gemeenskap vir dae aaneen sonder elektrisiteit is. Dit is bloot ’n mors van die belastingbetalers se geld om vir sekuriteit te betaal wat nie doeltreffend is nie.

Daar is ook reeds ’n brief aan die burgemeester, Brenda Mahuma gerig waarin ons vra dat hulle die sekuriteitsmaatskappy van die munisipale gronde verwyder en eerder ’n bevoegde maatskappy aanstel. Geen terugvoer is egter ontvang nie.

Die AfriForum-tak en die gemeenskap het dus nou ingegryp en self ’n privaat sekuriteitsmaatskappy aangestel om die gronde te patrolleer, en betaal self vir die maandelikse reaksiegelde.

Die gemeenskap sit soms sonder elektrisiteit as gevolg van kabeldiefstal – alles vanweë die munisipaliteit se versuim om te help. Help ons deur die petisie te teken. Die tak sal dan die petisielys aan die burgemeester stuur en vra dat ’n sekuriteitsmaatskappy aangestel moet word wat bevoeg is om die werk te doen.

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings