Phalaborwa-tak oorhandig stoptekens aan munisipaliteit


AfriForum se Phalaborwa-tak het op 25 April 2017 10 stoptekens aan die Ba-Phalaborwa Munisipaliteit oorhandig.
Dít volg nadat die plaaslike tak ’n tekort aan stoptekens in die dorp as probleem geïdentifiseer het. Dit gaan die dorp vir alle motoriste veiliger maak.

“Die stoptekens gaan eerste in gebiede waar skole is, opgerig word. Die veiligheid van die dorp se jeug asook van die hele gemeenskap is vir ons ’n prioriteit ” sê Saartjie Matthysen, voorsitter van die AfriForum-tak in Phalaborwa.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings