| | |

Phalaborwa-tak skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Phalaborwa het skolehulppakkette aan verskeie skole in dié dorp geskenk as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Die skole wat hulppakkette ontvang het is Fauna Park Primary School, Frans du Toit High School, Meridian College en die Rooiskool.

Die skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

“AfriForum het heelwat versoeke van skole ontvang omdat hulle geen/onvoldoende hulp van die Departement van Onderwys ontvang het. Daarom het AfriForum se Phalaborwa-tak aan dié projek deelgeneem om sodoende te verseker dat leerders veilig kan terugkeer skool toe,” sê Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Soortgelyke plasings