| |

Pietersburg-tak ontsmet polisiestasie en tehuis vir bejaardes teen COVID-19

AfriForum se Pietersburg-tak het op 1 Mei 2020 ’n projek van stapel gestuur om persele waar noodsaaklike dienste gelewer word, te ontsmet.

Potgietersrus se polisiestasie was eerste aan die beurt en die taak is spoedig afgehandel. Die tak het vier batteryaangedrewe rugsakspuite aangekoop juis met die doel om bystand te lewer tydens die COVID-19-krisis.

“Lede van Potgietersrus se polisiediens was baie dankbaar dat ons hulle met dié taak kon bystaan. Dit is glo die eerste keer dat die perseel ontsmet word sedert die COVID-19-uitbreking in Suid-Afrika,” sê Marius Fourie, voorsitter van AfriForum se Pietersburg-tak.

Die tak het ook die Piet Potgieter-tehuis vir bejaardes se perseel met ontsmettingsmiddel bespuit. Aandag is veral aan openbare vertrekke soos gange, badkamers en eetsale geskenk.

“Bejaarde persone is baie vatbaar om COVID-19 op te doen en dit is waarom ons na hulle omsien in hierdie tyd,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Help ons om ander te help: SMS “Spuit” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings