Polisieminister ignoreer terreur op plase; gemeenskappe moet self terugveg


Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n maand gelede vir die soveelste keer ’n skrywe aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, gerig en versoek om saam met hom te vergader oor sowel geweld op plase as die grondgrypkrisis wat die land in die gesig staar.

“Cele het tot vandag toe nog nie eers ontvangs erken van hierdie skrywe nie en net gedurende die afgelope 24 uur was daar reeds twee moorde op plase in die land wat deel was van nie minder nie as sowat agt plaasaanvalle oor die afgelope vier dae,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
“Daar is genoeg ruimte in die wet vir mense om self te mag intree en nie net reaktief op hierdie sinnelose geweld te reageer nie, maar ook proaktief op te tree om plaasaanvallers se terreur op plase te beëindig,” sê hy.

Cameron meen dat Suid-Afrikaners reeds die helfte van die stryd kan wen indien hulle reg voorberei en seker maak dat hulle alles binne hul vermoëns en binne die raamwerk van die wet doen wat nodig is om veiliger te wees.

“Ons moet onsself egter afvra of die regering se stilswye oor plaasmoorde hulle nie aandadig maak nie? Ons kan egter nie self net terugsit en niks doen nie, ons moet elke manier moontlik gebruik om mense te beveilig,” sluit Cameron af.

Soortgelyke plasings