|

Pongola-tak knap vliegveld op met #OnsDorpProjek

Die AfriForum-tak in Pongola het die plaaslike vliegveld opgeknap en verskeie verbeterings aangebring, nadat die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit versuim het om sy verpligtinge om die vliegveld in stand te hou, na te kom. Veiligheidsligte is vervang, die gras langs die aanloopbaan en om die geboue is gesny, en die strepe op die aanloopbaan is oorgeverf.

“Dit het onder ons aandag gekom dat die toestand van die vliegveld nie op standaard is nie en dat dit onveilig is vir vliegtuie om die aanloopbaan te gebruik. Ons tak het besluit om aksie te neem en verskeie verbeterings aangebring as deel van die #OnsDorpProjek,” sê Alton Vlok, voorsitter van die Pongola-tak.

“Dit is belangrik vir die Pongola-gemeenskap dat die vliegveld op standaard is, omdat al die ander vliegvelde baie ver van die dorp af is,” sê Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder van KwaZulu-Natal.

AfriForum se Pongola-tak sal voortgaan om seker te maak dat die vliegveld instand gehou word.

Soortgelyke plasings