die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit
|

Pongola-tak vergader dringend met munisipaliteit oor nuwe sportstadion

Die AfriForum-tak in Pongola het op 5 Mei ’n dringende vergadering met die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit gehad oor die huidige ontwikkeling van ’n sportstadion in ’n woongebied. Die vergadering volg nadat verskeie regulasies en vereistes nie nagekom is nie.

“Volgens ons kennis is die erwe waarop hierdie ontwikkeling plaasvind, gesoneer vir residensiële ontwikkeling. Ons is ook nie bewus van enige publieke deelname nie, terwyl die nabye bure, wat in hierdie geval die partye is wat geraak word, nie eers in kennis gestel is van enige ontwikkelings nie,” sê Alton Vlok, voorsitter van die Pongola-tak.

“AfriForum het die waarnemende munisipale bestuurder daaraan herinner dat hy aanspreeklik gehou kan word, sou daar enige gevolge wees. Sy besluit dat die ontwikkeling kan voortgaan, sonder dat die behoorlike prosesse gevolg word, is baie ruskant,” sê Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

“Die uPongolo-munisipaliteit het drie werksdae om afskrifte van die soneringsertifikate aan AfriForum te gee. Die munisipaliteit het onderneem om binne 14 werksdae aan dié organisasie te bewys dat hy al die prosesse vir die ontwikkeling reg gevolg is,” aldus Vlok.

AfriForum sal die prosesse analiseer en die munisipaliteit versoek om die hele proses reg te stel en indien nodig sal AfriForum die hof nader in hierdie saak.

SMS “Pongola” na 45353 (R1) om AfriForum te ondersteun.

Soortgelyke plasings