Pretoria-Wes-buurtwag hou bospatrollie


AfriForum se Pretoria-Wes-buurtwag het op Saterdag 3 Maart 2018 ’n bospatrollie in die Danville- en Elandspoort-gebied gehou.

“Ons het ’n gedeelte van die berg in Danville, waar kriminele gaan skuil nadat hulle in die woongebied aktief was, gepatrolleer. Ons het op verskeie plekke afgekom waar hierdie kriminele gesteelde goedere sorteer,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distriks­koördineerder vir Gauteng-Noord.
“Ons het ’n veld in Elandspoort, waar verskeie onwettige plakkers woon, gepatrolleer. Ons het die gebied deeglik deursoek en het geen gesteelde goedere daar gekry nie. Daarna is ons na die veld langs Phillip Nel-park wat die afgelope tyd deur kabeldiewe geteister word,” sê Francois Oberholzer, AfriForum se voorsitter vir die Pretoria-Wes-tak.
“Geen ernstige voorvalle van misdaad is tydens die bospatrollie aangemeld nie en ons het in ons doel geslaag om sigbaarheid in dié gebied te verhoog,” sê Oberholzer verder.
“Ons gaan gereeld sulke patrollies uitvoer. AfriForum hoop dat dit tot gevolg sal hê dat kriminele aktiwiteite in die gebied afneem,” sluit Oosthuizen af.

Soortgelyke plasings