|

Privaat vervolging van Thandi Modise begin in Maart 2020

Thandi Modise, voorheen voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en tans speaker van die Nasionale Vergadering, het vandag op aanklagte van dieremishandeling in die Potchefstroomse streekhof verskyn. Die saak is voorlopig tot 24 tot 27 Maart 2020 uitgestel, wanneer Modise op die aanklagte sal pleit en die saak ’n aanvang sal neem.

Die finale verhoordatum sal teen einde volgende week vasgestel word sodra Modise haar parlementêre program ontvang het.

“AfriForum se Privaatvervolgingseenheid verwelkom die feit dat ’n datum vir die verhoor nou vasgestel is sodat Modise uiteindelik vir hierdie wrede dieremishandeling verhoor kan word. Nie eens die speaker van die parlement moet vervolging kan vryspring bloot omdat sy ’n hooggeplaaste politieke figuur is nie. Ons betrokkenheid spruit uit die respek wat ons vir die werk van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het,” sê Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se Privaatvervolgingseenheid.

Soortgelyke plasings