|

Publiek moet help dat regte kandidaat OB-pos kry

download (7)

Die stryd om die regte persoon te kry om adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), op te volg, het in alle erns begin.

Altesame 73 kandidate is aanvanklik benoem, waarvan sewe die nominasie van die hand gewys het en enkele benoemdes nie opgespoor kon word nie. Daar is nou 59 name op die kandidate-lys.

’n Parlementêre ad hoc-komitee, onder voorsitterskap van dr. Makhosi Khoza, is vir die bestuur van die aanstelling van ’n opvolger vir Madonsela verantwoordelik. Die komitee sal teen 31 Augustus benoemings vir die pos by die parlement indien. Dit is nog onduidelik hoeveel name op die kortlys sal wees aangesien verskeie partye besluit oor wie dié lys haal. Onderhoude sal na verwagting ná die plaaslikeregering-verkiesings begin.

Terwyl die komitee “beïndruk” is oor die kaliber van die benoemdes, is die burgerregte-waghond AfriForum bekommerd dat hierdie net nog ’n politieke aanstelling kan wees wat die doel, aard en werksaamhede van hoofstuk 9-instellings in die wiele sal ry.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê daar word verwag dat die OB iemand moet wees wat vreesloos en sonder enige politieke voorkeur moet optree. “Dit moet iemand wees wat nie skroom om die staat verantwoordelik te hou en tot orde te roep in gevalle waar wanadministrasie en korrupsie die regte van die publiek vertrap nie.”

Volgens Roets is dit veral belangrik dat die persoon geen politieke agtergrond, verbintenis of affiliasie moet hê nie. “Daarom is ons bekommerd oor van die name op die lys omdat van hulle hul al herhaaldelik aan die kant van die ANC geskaar en bewys het dat hulle nie objektief kan handel en optree nie.”

Roets het gesê Madonsela was daartoe verbind om die demokrasie uit te bou en te beskerm en dit is juis hierdie ingesteldheid wat haar baie kritiek en selfs viktimisering op die hals gehaal het. “Ons hoop regtig dat ’n waardige en eerbare opvolger vir haar aangestel word en daarom meen ons die publiek moet van die geleentheid gebruik maak om besware in te dien teen kandidate wat nie geskik is nie.”

AfriForum sal ook formeel insette oor ’n geskikte kandidaat indien.

Van die name op die lys wat nié vir die pos beskikbaar is nie, is adv. Gerrie Nel, adv. Vusi Pikoli, Nlhanhla Nene, voormalige minister van finansies, regter Yvonne Mokgoro en Graca Machel, eggenote van wyle pres. Nelson Mandela.

Kandidate wat nie bereik kon word nie, is Melanie Bernard (Fryer), adv. Andrea Gabriel en adv. Mojankunyane Gumbi. ’n Kandidaat soos oudpres. Thabo Mbeki is mondelings aanbeveel en gevolglik nie oorweeg nie.

Die name van die kandidate is:

  1. Mnr. Bernard Peter Agulhas
  2. Adv. Rhulani Ralph Baloyi
  3. Me. Melanie Bernard (Fryer)
  4. Prof. Narnia Bohler-Muller
  5. Mnr. Vincent James Botto
  6. Adv. Nonkosi Princess Cetywayo
  7. Mnr. Raymond Edward Chalom
  8. Prof. Pierre de Vos
  9. Regter Sirajudien Desai
  10. Mnr. Phillip Dexter
  11. Adv. Pumeza Futshane
  12. Adv. Andrea Gabriel SC
  13. Me. Nombonisa Gasa
  14. Adv. Mathys Johannes Gildenhuys
  15. Adv. MT Goodman (néé Shai)
  16. Me. Pregs Govender
  17. Adv. Mojankunyane Gumbi
  18. Prof. Alexander Mzamo Gumbi
  19. Adv. Mark Andrew Hawyes
  20. Mnr. Nick Haysom
  21. Mnr. William Andrew Hofmeyr
  22. Adv. Zarina Kellerman (néé Prasadh)
  23. Adv. KB Kgoroeadira
  24. Mnr. Ashook Kirpal
  25. Mnr. Burt Silverston Laing
  26. Me. Muvhango Lukhaimane
  27. Me Graca Simbine Machel
  28. Adv. Zwelethu Madasa
  29. Adv. Thuli Madonsela (termyn nie hernieu nie).
  30. Mnr. Prince Sefako Mafojane
  31. Mnr. Zola Majavu
  32. Adv. Mohale Joseph Maluleke
  33. Adv. Kevin Sifiso Malunga
  34. Me. Lynnette Gail Marais
  35. Me. Busisiwe Mkhwebane
  36. Mnr. Vickqus Nkosikhona Mncube
  37. Adv. Hishaam Mohamed
  38. Me. M. Mohlala-Mulaudzi
  39. Regter Yvonne Mokgoro
  40. Adv. Chris Madibeng Mokoditwa
  41. Mnr. Ronnie Samuel Mokoena
  42. Mnr. Thokwane Phineas Post Moloto
  43. Mnr. Tjitlo Monaledi
  44. Me. Audrey Mpofu
  45. Adv. Dali Mpofu
  46. Adv. Loyiso Khanyisa Bunye Mpumlwana
  47. Me. M Mthebule
  48. Adv. M.M. Mthembu
  49. Mnr. Themba Phillip Mthethwa
  50. Adv. Philani Pilatu Sydney Mthethwa
  51. Me. Janine Kim Myburgh
  52. Mnr. Krish Naidoo
  53. Mnr. Gerrie Nel
  54. Mnr. Nhlanhla Nene
  55. Mnr. Malcolm John Sphiwe Nhleko
  56. Me. Sophy Moipone Noko
  57. Me. Vuyokazi Pamella Noncembu
  58. Me. Nokuthula Sincercia Nwaoshai
  59. Mnr. Mthuthuzeki Moshesh Nyiki
  60. Me. Jill Claudelle Oliphant
  61. Adv. Vusi Pikoli (nomination declined)
  62. Me. Kaajal Ramjathan-Keogh
  63. Mnr. Tshepiso David Humphrey Ramphele
  64. Mnr. Riaz Achmed Saloojee
  65. Mnr. Jonas Ben Sibanyoni
  66. Mnr. Boiki-John Tamako
  67. Me. Bawinile May Thabethe (nomination declined)
  68. Adv. Tseliso Thipanyane
  69. Adv. Randal Titus
  70. Mnr. Khunoana Harry Tswago
  71. Mnr. Vuyisa Vuza
  72. Mnr. Hermanus Lambertus Waldicks
  73. Regter Sharise Weiner

Lede van die publiek wat inligting of besware oor enige van bogenoemde kandidate het, kan dit stuur na veldtogte@afriforum.co.za

Die CV’s van die kandidate kan ook besigtig word by www.parliament.gov.za

 

 

Soortgelyke plasings