|

Ramaphosa en Afrikaners se droom van slimstede verskil radikaal

Die afgelope drie jaar droom president Cyril Ramaphosa oopmond oor post apartheid-slimstede.

Tydens sy staatsrede in die parlement in 2020 sê hy: “Last year, I asked the nation to join me in imagining a new smart city, a truly post apartheid city that would rise to change the social and economic apartheid spatial architecture.”

En hy gaan voort om te verduidelik dat hierdie postapartheid-stad van die toekoms, in die toekoms oplossings gaan bied vir watervoorsiening, elektrisiteit en paaie, deur onder meer innoverende tegnologie te gebruik.

In 2021 droom hy steeds tydens sy staatsrede. Die toekoms, volgens sy droom, is ’n rooskleurige wegbreek van apartheid se stads- en streeksbeplanning en is besaai met die slimstede van die Nuwe Suid-Afrika.

Ek moet vinnig tik. Ons is tans onder vlak 4-beurtkrag en netnou is dit weer my beurt!

Die ponie waarop die president in sy droom huppel, is die Lanseria Slimstad oftewel die Greater Lanseria Master Plan. Sjoebiedoewa!

Die president hoop dat hierdie eerste volwaardige nuwe, postapartheid-stad, teen 2030 voltooi sal wees. Daar is selfs beleggers in die privaatsektor wat bereid is om in hierdie stad te belê. Maar daar is ’n paar realiteite in die werklike lewe wat hierdie droom so bietjie opfoeter. Amper soos as jy besig is om jou arm te verslaap en jou droom neem dan ’n onaangename wending.

Die realiteit is dat voor hierdie slimstad enigsins die lig kan sien, die staat eers die water, riool, en elektrisiteitsdienste en infrastruktuur moet voorsien….

Ek moet vinnig tik. Ons is tans onder vlak 4-beurtkrag en netnou is dit weer my beurt!

Daar is drie soorte slimstede skryf Germaine Halegoua in Smart Cities (2020) wat deur MIT uitgegee was. Die eerste is die “Slim van Begin”-stede. Dit is die stad wat die president wil bou. Die stede word heeltemal nuut gebou met digitale infrastruktuur en dataontleding wat integraal deel is van die meesterplan.

Die tweede slimstad is ’n “Opgeknapte”-stad. Dit is ’n stad wat reeds bestaan, waarin daar ontwikkeling gedoen word deur digitale infrastruktuur by te voeg. Ai, ek kan aan ’n paar stede en dorpe dink wat kan doen met ’n ou opknappinkie of twee.

Halegoua skryf dat beide die eerste twee soorte slimstede egter ’n belangrike punt mis. En dit is gemeenskaplikheid. Beide hierdie twee aanslae verloor die fokus van die inwoners van die stad en plaas dit op die regering en multinasionale tegnologiese reuse.

Terwyl Ramaphosa droom oor ’n postapartheid-slimstad, leef Taetse en baie ander in die werklikheid van ’n postapartheid-stad. ’n Stad van die Nuwe Suid-Afrika.

Daarteenoor ontleed sy ’n derde soort slimstad wat meer haalbaar en wenslik is. Die “Sosiale” of gemeenskap-slimstad. Hier word die klem verskuif van data wat ingesamel word oor die inwoners na die stad wat vloei uit die inwoners. Inwoners word bemagtig deur onder meer digitale media.

Ons neem nie regtig vir die president kwalik dat hy droom nie. Die Afrikaners droom ook. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het in 2019 ’n toekomsblik vir 2030 geskets by die Solidariteit Beweging se toekomsberaad.

Maar hierdie is ’n oop oë droom wat sy oorsprong het by die realiteit van Afrikaners wat reeds in die praktyk met selfbestuur besig is.

Een so Afrikaner is Taetse Durand. Taetse is nou 23 jaar oud. Hy het na sy tuisonderrig ’n graad in inligtingstegnologie voltooi. Hy het ’n vinnige draai in die korporatiewe wêreld gemaak, maar gou besef hy gaan in die post nuwe Suid-Afrika ’n entrepreneur moet wees. Hy het sy eie onderneming, Sierra Scripts, begin en sy firma doen nou byna heeltyds kontrakwerk vir oorsese besighede en programmeringshuise. Meeste dae werk hy 18 ure per dag omdat sy vaardighede in programmering internasionaal gesog is.

Toe hy 21 was, het hy aangesluit by die AfriForum Groter Moot-buurtwag. Die Moot sit in die hartjie van Pretoria. Die hartklop van die grootste ankerdorp. Dit is een van die oudste Afrikanerwoonbuurte in Pretoria wat steeds deur Afrikaners bewoon word. As jy vir iemand van die Moot vra waar die Moot is, sal hy na sy hart wys: “Die Moot is hier” .

Taetse Durand

Ek het eenkeer ’n gesprek met ’n raadslid gehad oor die waterpype in die Moot. “Die waterpype hier in my wyk is te oud. Die ANC-regering het dit nog nooit in stand gehou nie. Net die opknapping van ons waterinfrastruktuur sal R60 miljoen rand beloop,” was sy woorde.

Terwyl Ramaphosa droom oor ’n postapartheid-slimstad, leef Taetse en baie ander in die werklikheid van ’n postapartheid-stad. ’n Stad van die Nuwe Suid-Afrika.

Afrikaners is egter doeners ook.

Taetse het verlede jaar tydens die staat van inperking begin programmeer aan ’n Telegram Bot. In samewerking met die AfriForum Groter Moot-tak het die AfriForumBuurtBot ontstaan. ’n Bot is ’n soort rekenaarrobot wat help met dataprosessering. Hierdie Bot outomatiseer die verwerking van munisipale klagtes, misdaadinligting en die AfriForum-buurtwaglede se patrollie-inligting. Belangriker nog, dit bring die gemeenskap bymekaar deur inwoners te verifieer sodat hulle op die AfriForum-groepe in die Moot geplaas kan word.

Die koste verbonde aan Taetse se werk aan hierdie slimstadprojek, teen sy huidige tarief, beloop reeds sowat R200 000. Hy doen dit egter alles gratis vir sy gemeenskap. Hy gaan vies wees dat ek die bedrag genoem het. Maar dit is nodig dat ons kennis neem van die roepingsbesef van die jeug. Die gemiddelde ouderdom van die bestuur van die Groter Moot AfriForum-tak is van die jongste in die land.

Gideon van Deventer (22), ’n loodgieter van die Moot, het verlede week twee oggende tussen 05:00 en 07:00 gras gesny in die spruite in die Moot. Daarna het hy weer vol dae gewerk. Dit was munisipale diensleweringsprobleme wat aangemeld is deur die BuurtBot. AfriForum het die BuurtBot reeds in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga geïmplementeer.

Gideon van Deventer

Jy sien, die Afrikaner is nie besig om saam met die president oor ’n  “Slim van Begin”- of  ’n “Opgeknapte”-slimstad in die postapartheid-era te droom nie. Ons jeug is reeds besig om te bou aan die post-ANC gemeenskapslimstede.

Soortgelyke plasings