RIV-veldtog: Stellaland-begraafplase in haglike toestand


AfriForum het die plaaslike munisipaliteite van Naledi, Tswaing, Lekwa-Teemane en Mamusa skriftelik versoek om dringend geïdentifiseerde begraafplase in samewerking met die burgerregte-organisasie skoon te maak en op te knap. Dít volg nadat die burgerregtewaghond as deel van sy Rus in Vrede-veldtog verskeie dorpe se begraafplase besoek en bevind het dat die meeste in haglike toestande is.

“Die begraafplase word geensins onderhou nie, ondanks die feit dat dit deel van munisipale begrotings vorm. Grafte is toegegroei en die perseel is onveilig. Munisipaliteite versuim hul grondwetlike plig deur begraafplase nie in stand te hou nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se kontakpersone in die onderskeie dorpe is soos volg:
Vryburg – Cecil Doyle: 082 326 9156
Sannieshof – Manie Schutte: 083 462 2648
Delareyville – Ria Goosen: 082 049 0170
Ottosdal – Engela Pretorius: 076 639 0089
Bloemhof – Munnik van Vuuren: 082 776 0847
Christiana – Bernard Loots: 083 272 0919
Schweizer-Reneke – Willie Scholtz: 083 285 2561

Soortgelyke plasings