|

Roodepoort-tak skep bewusmaking oor veiligheid

Die AfriForum-tak in Roodepoort het op 26 Maart in samewerking met die Kloofendal-veiligheidsgroep en Beagle Watch Armed Response ’n veiligheidsaksie gehou.

Die Roodepoort-tak het die oggend bewusmaking onder motoriste geskep oor veiligheid in hul gemeenskap en inligting deurgegee oor alles wat in hul omgewing gebeur. Die tak het gemeenskapslede ook gemotiveer om betrokke te raak by projekte in hul omgewing.

Die tak het ook slaggate gevul om die strate meer gangbaar te maak vir motoriste. Die tak beplan om komende naweek ’n skoonmaakprojek in dieselfde omgewing te hou.

“Projekte soos dié is nodig om die gemeenskap bewus te maak van wat in hul omgewing aangaan. Dit is tyd dat almal moet begin proaktief optree, want enigiemand kan ’n slagoffer van misdaad wees,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoödineerder vir die Wes-Rand.

Soortgelyke plasings