Rustenburg- en Coligny-buurtwag neem aan nasionale massapatrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Rustenburg en Coligny het op 2 Desember 2017 aan die burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem, onder meer om die sigbaarheid van dié veiligheidstrukture in die onderskeie gebiede te verhoog.
Nagenoeg 3 300 km is deur 180 patrolleerders in 80 voertuie afgelê. ER24-personeel en kapelaan Brad Blake van Emergency Services Chaplaincy South Africa was tydens die patrollie op bystand.

“Patrollielede ontvang deurlopend opleiding sodat hulle bevoeg is om hulp te bied waar nodig en oor die nodige kennis beskik om altyd binne die raamwerk van die wet op te tree,” sê Johan de Klerk, voorsitter van AfriForum se Rustenburg-buurtwag.
“AfriForum bedank elke patrolleerder wat sy tyd opgeoffer het om ’n verskil in die gemeenskap te maak en die veiligheid van inwoners te bevorder,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noordwes.

Raak by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke en help om jou omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45351 (R1)

Soortgelyke plasings