|

Rustenburg-tak help om Paul Bodenstein Park netjies te maak

Die AfriForum-tak in Rustenburg is op 14 Mei 2022 met ’n gemeenskapskoonmaakprojek genader om die Paul Bodenstein Park se gras te sny en die bome te snoei. Die projek is gedryf deur Michael Maritz, ’n passievolle Rustenburgse inwoner wat 19 ondernemings en organisasies bymekaar gekry het om met die projek te help. Meer as vyf stortbakke vol tuinvullis is weggery en een hektaar gras is gesny.

“Vandag was ek so trots om ’n Rustenburg-inwoner te wees. Ondernemings en gemeenskapslede het in groot getalle bygewoon om met die tweede fase van die Bodenstein-skoonmaakprojek te help,” sê Maritz.

“Die passie wat die gemeenskap Saterdag gewys het, was ongelooflik. Die inwoners en ondernemings het besluit om die Paul Bodenstein Park self skoon te maak omdat die munisipaliteit dit nie kon doen nie. Hulle het in een dag meer gedoen as wat die munisipaliteit in ’n maand doen,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Elkeen wat hier betrokke was, het hul uiterse bes gedoen en ons het baie bereik in slegs sewe ure. Dankie aan ieder en elk,” sluit Maritz af.

Diegene wat saam met AfriForum by die skoonmaakprojek gehelp het, is Coastal Hire Rustenburg, Cemblocks, Pronto Panel Beaters, The Biltong Butcher, Mini Build, Fred’s Paint, Eazi Access, Marole Nameng, Crazy Skips, Expedition North, 3Rams Embroidery, Onemix – Readymix, CrossFit ACA, lede van die Rustenburg-burgemeester se kantoor, Bruno’s Paving, Toledo Spur Steak Ranch, Dikanono Outdoor Adventures en David Fensham Oogkundige.

Soortgelyke plasings