|

Rustenburg-tak se volhoubare skoonmaakprojek trek aandag

Die AfriForum-tak in Rustenburg het hulle volhoubare skoonmaakprojek in Mei voortgesit Die tak in Januarie 2022 met hierdie volhoubare skoonmaakprojek begin en dit het reeds ’n groot impak gemaak op die dorp se voorkoms.

Die tak het in Mei 4 ha gras gesny en ook gesteelde goedere teruggevind en aan die polisie oorhandig.

“Tydens ons skoonmaakaksie het ons op die skuilplek van vermeende misdadigers afgekom. Die skuilplek word ook as wegsteekplek gebruik vir gesteelde goedere en die tak het dié goedere aan die polisie oorhandig,“ sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico. Viljoen voeg by dat die vermeende misdadigers nie meer gebruik kan maak van hierdie skuiling nie en in hulle afwesigheid sal diefstal in hierdie area ook verminder.

Viljoen bedank ook die onderneming Sebetsa Trading wat tans die tak ondersteun met bydraes vir die bossiekappers se brandstof. Die tak wil graag skoonmaakprojek volhoubaar hou en moedig daarom die gemeenskap aan om betrokke te raak deur aan te sluit met ’n vrywillige donasie of deel te neem aan die aksies wat die tak dryf.

Word vandag deel van die oplossing en sluit aan by AfriForum se Rustenburg-tak deur om te SMS “Rustenburg” na 45344 (R1) of skakel vir Dawie Conradie by 082 930 9905

Soortgelyke plasings