|

Samewerking in Klerksdorp lei tot arrestasie van beweerde kabeldief

Die AfriForum-buurtwag in Klerksdorp het verlede week saam met die Doringkruin-buurtwag gewerk om kabeldiewe in die omgewing vas te trek. Die Buffeldoorn- en Monicalaan omgewings loop veral die afgelope twee maande deur onder kabeldiefstal – sowat 2 000 meter kabel is reeds tussen lamppale gesteel. 

Die twee buurtwagte het gesamentlik begin met patrollies in hierdie areas en op Donderdagaand (28 April) het hulle verdagte aktiwiteit opgemerk. Die SAPD is in kennis gestel en kort daarna is ’n verdagte gearresteer.

“Hierdie sukses is ’n sprekende voorbeeld van wat kan gebeur as verskillende instansies saamstaan. Om die geweldige misdaadtendens die nek in te slaan, moet elke instansie in Klerksdorp saamwerk en hande vat,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om die munisipaliteit tot verantwoording te roep. Word deel van die oplossing: SMS Klerksdorp na 45344 (R1)

Soortgelyke plasings