|

SAPD antwoord oor verlenging van amnestie ná druk deur AfriForum

Brig. Lawrence Nkgweng het vroeër vandag geantwoord op AfriForum se skrywe aan Bheki Cele, Minister van Polisie, oor die moontlike verlening van die vuurwapenamnestietydperk .

Nkgweng het aangedui dat Cele wel die parlement genader het om die amnestie te verleng deur skrywes – met die nodige dokumentasie – aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, asook die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies te rig. Die Minister wag nou op sowel die Portefeuljekomitee van Polisie as die Gekose Komitee oor Sekuriteit en Justisie, aangesien dié versoek eers deur die onderskeie komitees moet gaan voordat dit na die Nasionale Raad van Provinsies en uiteindelik die Nasionale Vergadering vir goedkeuring verwys kan word.

“Dié bevestiging van die SAPD is ’n welkome toedrag van sake vir vuurwapeneienaars wat graag van die amnestieperiode gebruik wil maak. AfriForum word oorval met oproepe in dié verband, en dit was een van die redes waarom toenemende druk op die Minister van Polisie geplaas is,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder by Gemeenskapsveiligheid.

AfriForum het Cele op 20 Mei 2020 gepols oor ’n moontlike verlenging van die amnestieperiode nadat die organisasie in skrywes op 25 en 30 Maart 2020 uitgelig het dat vuurwapeneienaars wat van die amnestieperiode gebruik wil maak moontlik deur die staat van inperking verhinder is. Lees die vorige verklarings hier:

Soortgelyke plasings