|

Secunda-tak en -buurtwag doen opknappingswerk by ouetehuis

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Secunda het die afgelope naweek hulp verleen by die Davieshof-ouetehuis deur opknappingswerk te doen en veiligheidsrisiko’s uit die weg te ruim.

“Die tak en buurtwag het een van die woonstelle uitgeverf en mooi gemaak vir ’n nuwe intrekker, asook muurpanele herstel wat uitmekaar geval het as volg van skuiwende grond. Dit was ’n groot veiligheidsrisiko vir die inwoners aangesien enigeen in en uit die terrein kon beweeg,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak.

“Dit is vir my ’n riem onder die hart om te sien dat baie van ons AfriForum-takke en -buurtwagte na ons bejaardes omsien in ’n tyd waar dit broodnodig is,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Die tak moedig gemeenskapslede aan om by bestaande strukture soos hierdie betrokke te raak om mekaar te ondersteun. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Secunda” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings