| |

Secunda-tak en -buurtwag help om brandende huis te blus

Die AfriForum-tak en -buurtwag in Secunda se hulp is op 25 Julie 2020 ontbied nadat hulle in kennis gestel is van ’n huis wat naby die Matla-kragstasie brand. Die brandweer, boere van die omgewing en Jelani Security is ook na die brandende huis ontbied.

“Toe ons die noodroep ontvang, het ons onmiddellik na die toneel gehaas, maar die huis was reeds met vlamme bedek. Ons kon daarin slaag om die brand te blus, maar die huis is egter verwoes,” sê Dawie Taljaard, ondervoorsitter van AfriForum se Secunda-buurtwag.

“Dit is belangrik dat gemeenskappe saamspan om doeltreffende reaksie tydens noodgevalle te verseker,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Die tak moedig gemeenskapslede aan om by bestaande strukture soos hierdie betrokke te raak om mekaar te ondersteun. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings