


ANEL
ALEXANDER
BOBBY
VAN JAARSVELD
NADIA
BEUKES
JOHAN
SCHOLTZ
ZÖRICKE
SNYMAN
IZAK
DAVEL
RÉVAN
LUÜS
AfriForum Teater verwelkom binnekort nog ’n nuwe musiekblyspel: Semi-Soet – die musiekblyspel.
Dertien jaar sedert die romantiese komedie Semi-Soet in 2012 in rolprentteaters begin draai het, kan teaterliefhebbers nou gereed maak vir die Afrikaanse teatergeleentheid van die jaar wanneer Semi-Soet – die musiekblyspel in Mei op die planke kom by AfriForum Teater.
Dié storie oor ’n selferkende werkverslaafde wat die advertensiemaatskappy waarvoor sy werk van ondergang wil red met ‘n wilde, halsoorkopplan, trek vir die teaterproduksie ’n nuwe, musikale baadjie aan. Soos in die gelyknamige lokettreffer, vertolk Anel Alexander weer die vroulike hoofrol as Jaci van Jaarsveld en sy sal die Vryersvoetpad te midde van skreeusnaakse oomblikke aandurf saam met Bobby van Jaarsveld haar manlike hoofrolspeler.
Kry jou kaartjies hier
Deel die nuus op sosiale media





