Sensus 2022 #WordGetel

Registreer jou huishouding vir aanlyn of telefoniese data-insameling.

AfriForum staan die regering se rasseklassifikasies teen. Ons moedig dus ons lede aan om op die 2022-sensusvorms onder die raskategorie “Ander” te kies en dan “Afrikaner” in te vul.

Wat is ’n sensus?

’n Sensus is ’n volledige telling van die bevolking, wat insluit kinders, babas, hawelose persone en buitelandse burgers binne die landsgrense. ’n Sensus versamel data oor ’n land se sosio-ekonomiese eienskappe: mense se lewensomstandighede, hul toegang tot basiese dienste, inkomste en dies meer.

Wie word almal getel?

  • Almal wat binne die landsgrense van Suid-Afrika is, behalwe diplomate
  • Mense in ’n gewone huisopset
  • Mense in spesiale wooninstellings, hotelle, gaste huise, lughawens en dies meer
  • Die hawelose bevolking.

Hoewel baie van ons AfriForum-lede bekommerd is om hul privaat inligting in die sensusopname bekend te maak, moedig AfriForum sy lede aan om wel daaraan deel te neem. Dit is vir AfriForum belangrik dat daar betroubare inligting is oor die werklikhede in Suid-Afrika omdat AfriForum dié inligting in sy eie veldtogte gebruik en sy standpunte daarop kan baseer. Onthou ook dat sekere hofsake, die meerderheid van nasionale en internasionale onderhandelings, en self die grootste deel van die navorsing wat ons doen op amptelike sensussyfers staatmaak. Dus is dit in ons almal se belang as die inligting sover moontlik akkuraat en volledig is.

Soortgelyke plasings