Sigbaarheidsaksie lei tot suksesvolle patrollie


Vrywilligers van AfriForum se Piet Retief-buurtwag het die aand van 14 September 2018 nog ’n suksesvolle sigbaarheidsaksie behartig. Die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het agt van hul lede afgestaan om die patrollie te steun, terwyl verkeersbeamptes drie voertuie aan die buurtwag beskikbaar gestel het.

Tydens dié patrollie is ’n konvooi ook uitgevoer wat elke sektor in Piet Retief besoek het. Hier kon die SAPD verskeie arrestasies maak en verkeersbeamptes het boetes uitgereik.

“Dit is vir ons belangrik om hierdie inisiatief op ’n gereelde basis uit te voer sodat voortdurende sigbaarheid in die gemeenskap verseker kan word en om ook kriminele aktiwiteite in ons dorp te beperk,” sê Gerhard Böhmer, voorsitter van AfriForum se Piet Retief-buurtwag. “Die gemeenskap se insette en hulp word hoog op die prys gestel en kan tot almal in Piet Retief se veiligheid bydra.”

Buurtwaglede het op geweerskote, wat in die omgewing van Von Brandisstraat en Magnolialaan afgevuur is, gereageer. Die SAPD was ook spoedig op die toneel ná ’n duiker in dié woongebied doodgeskiet is.

Soortgelyke plasings