Skoonmaakprojek in Phalaborwa gaan voort


AfriForum se Phalaborwa-tak het vir die derde keer vanjaar die dorp skoongemaak nadat dié skoonmaakprojek op 26 Mei 2017 van stapel gestuur is. Die tak het vullis in verskeie strate opgeruim.
Gail van Barkenhuizen, die sekretaris van AfriForum se Phalaborwa-tak, sê die verskil wat dié skoonmaakprojek in die dorp maak, kan duidelik bespeur word.

“Ons maak die dorp nie net vir onsself skoon nie, maar vir almal wat daar woon. Dit is lekker om te sien dat al hoe meer mense betrokke raak om ’n daadwerklike verskil in ons dorp te bewerkstellig.”

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by dié aksie: SMS “Phalaborwa” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings