Slotbetoë in Duduzane Zuma-vervolgingsaak tot 20 Junie uitgestel


Duduzane Zuma se regspan het vandag twee getuies geroep in die saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur teen hom.

Die verdediging het Konrad Lotter, ’n deskundige getuie, geroep, asook Michael Jankelowitz, ’n ooggetuie. Laasgenoemde het getuig dat hy op die snelweg was die aand van die voorval en dat dit baie swaar gereën het.
Die saak is tot 20 Junie 2019 uitgestel wanneer sowel die staat as die verdedigingspan hul slotbetoë in hierdie saak sal lewer.

Soortgelyke plasings