|

Só lyk Maties se studenteraad-kandidate

AfriForum Jeug wil alle Maties-studente aanmoedig om vanjaar te stem vir die verteenwoordigende studenteraad (VSR) by die Universiteit van Stellenbosch.

Volgens die burgerregte-organisasie se jeugvleuel is dit van kritiese belang dat studente vanjaar hul stemme moet laat hoor, nadat meer as R450 miljoen se skade verlede jaar deur faksiegroepe op universiteitskampusse landwyd aangerig is.

Volgens Morné Mostert, nasionale woordvoerder vir AfriForum Jeug, is die VSR daar om die studente van die universiteit te verteenwoordig en as ’n tussenganger op te tree tussen die bestuur van die instelling en die studente.

“Dit eis van studenteleiers om selfstandig te wees en om die toenemend onregverdige werklikhede op Suid-Afrikaanse kampusse te verander deur aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.”

Die uitbring van stemme begin op 2 Augustus by die US en die wenners sal op 10 Augustus aangekondig word.

AfriForum Jeug ondersteun vanjaar die volgende kandidate in die SR-verkiesing;

  • Bernard Pieters, ʼn meesterstudent in geohidrologiestudent.
  • Jacobus Maass, ʼn tweedejaarstudent in teologie.
  • Netanje van Niekerk, ʼn tweedejaarstudent in filiosofie, politieke en ekonomie.
  • Roderick Leonard, ʼn tweedejaarstudent in BA Sosiale Dinamika.
  • Francois Henning, ʼn tweedejaar LLB-student.
  • Selmie Crous, ʼn tweedejaar LLB-student.
  • Ashwin Maloy, ʼn eerstejaarstudent in internasionale studies.
  • Thea Bester, ʼn tweedejaarstudent in chemie en polimeerwetenskappe.

Soortgelyke plasings