|

Sowat duisend mense gee aan AfriForum mandaat teen Centurion-grondeis

Sowat 1 000 lede van die Centurion-gemeenskap het gisteraand by Leriba Lodge in Pretoria vergader om aan AfriForum ’n formele mandaat te gee om ’n residensiële grondeis, wat ongeveer  4 000 hektaar se onroerende eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek, teen te staan.

“AfriForum tree tot die saak toe omdat honderde eiendomseienaars – wat hard gewerk het vir wat hulle het – se eiendomsreg deur ’n grondeis sonder meriete bedreig word. Politici het onrealistiese verwagtinge oor grond by hul ondersteuners geskep en AfriForum gaan beslis nie terugstaan en toekyk hoe wettige grondeienaars die prys hiervoor betaal nie. Ons sal hierdie ongegronde grondeis met alle meganismes tot ons beskikking teenstaan,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Lede van die publiek kan www.afriforum.co.za/grondeis/ besoek om te bepaal of hulle eiendomme geraak word.

Soortgelyke plasings