Spel was nog nooit só lekker nie!


Die burgerregte-organisasie AfriForum beywer hom vir sowel die beskerming van Afrikaans as onderrigtaal in skole as ondersteuning by kwessies waar kinders se regte ten opsigte van vryheid van taal, godsdiens en mening geskend word. ’n Voorbeeld hiervan is AfriForum se betrokkenheid by die Spel-en-Speel-kompetisie wat jaarliks in die Vrystaat vir laerskoolleerders aangebied word.
Hierdie kompetisie fokus spesifiek daarop om kinders se lees- en spelvaardighede in hul moedertaal op ’n prettige manier te bevorder. Boonop is daar ook groot pryse op die spel.

“Vanjaar is die agtste jaar dat AfriForum by hierdie inisiatief betrokke is, wat in samewerking met die gasheerskool – die Onafhanklike Skool Eduplus – en Volksblad aangebied word. Altesaam 113 leerders van 11 laerskole het deelgeneem.  Dit is sowaar een van ons grootste Spel-en-Speel-kompetisies nóg,” sê Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys.

Die kompetisie vind in twee afsonderlike afdelings vir graad 4- tot 7-leerders plaas, naamlik Afrikaans huistaal en Afrikaans addisionele taal.
Die wenners in die onderskeie afdelings is soos volg:
 
Graad 4:          Huistaal: Mia Greeff (Laerskool Universitas)
Addisionele taal: Neilke Maree (Onafhanklike Skool Eduplus)
 
Graad 5:          Huistaal: Lisa Botha (Laerskool Fichardtpark)
Addisionele taal: Quistynn Veldschoen (St. Michael’s School for Girls)
 
Graad 6:          Huistaal: Elseri Venter (Laerskool President Brand)
Addisionele taal: Jacole Spangenberg (Eunice Primary School)
 
Graad 7:          Huistaal: Clarissa Venter (Onafhanklike Skool Eduplus)
Addisionele taal: Alexia Coetzee (Onafhanklike Skool Eduplus)
 
Die Laerskool Fichardtpark het die prys gewen vir die skool met die meeste huistaalinskrywings, terwyl die Eduplus Onafhanklike Skool en die Laerskool Zastron die prys gedeel het vir die skool met die meeste inskrywings vir addisionele taal.
AfriForum bied weer later vanjaar die onvoorbereide Dink-of-Sink-debatkompetisie aan en moedig hoërskoolleerders aan om hierby betrokke te raak.
Vir meer inligting oor hierdie kompetisies, besoek AfriForum se webtuiste by https://afriforum.co.za/dink-sink-2018/U.

Soortgelyke plasings