Springs-buurtwag ontvang mediese opleiding


Lede van die AfriForum-buurtwag in Springs het op 21 Julie 2018 basiese noodhulpopleiding ontvang. Dié lede is dus nou daartoe in staat om basiese mediese hulp tydens noodsituasies te verleen, terwyl hulle ook bloeding kan stop en kardiopulmonêre resussitasie (KPR) kan toepas.
Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale veiligheidsopleidingsbestuurder, het dié opleiding aangebied.

“Ons wil die buurtwaglede op ’n latere stadium vir verdere mediese opleiding stuur sodat hulle verskeie mediese noodgevalle sal kan hanteer totdat paramedici op die toneel opdaag,” sê Roben Collen, voorsitter van AfriForum se Springs-buurtwag.
“Die AfriForum-buurtwag reageer op ’n wye verskeidenheid situasies en mediese hulp is nie altyd onmiddellik beskikbaar nie. Dit is vir ons belangrik dat die buurtwag oor die nodige mediese kennis beskik om die gemeenskap ook in hierdie verband by te staan,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings