Springs-gemeenskap hou massapatrollie


AfriForum se Springs-tak het op Vrydag 19 Oktober 2018 in samewerking met die SAPD, SAPPS-sekuriteit, CMS-sekuriteit, Prosafe Security, Marrogorra Protection, die Selpark-, Geduld- en Springs-Noord-GPF, asook die gemeenskap van Endicott ’n massapatrollie in hul onderskeie areas geloods ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 5:00 die volgende oggend geduur.
’n Totaal van 95 individue het aan die patrollie deelgeneem en meer as 2 100 km in 375 man‑ure afgelê. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

“Ten spyte van die ekonomiese druk en die toename in veral brandstofpryse is dit merkwaardig om te sien hoe vrywilligers in die omgewing steeds self verantwoordelikheid vir hul eie gebied en veiligheid wil neem deur aan nasionale veiligheidsaksies deel te neem. Deelname aan die onderskeie buurtwagte is aan die toeneem en is ons besig om ’n duidelike verskil teweeg te bring,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.
“Hierdie is die begin van groot dinge in Springs en ons glo die buurtwagte gaan voortdurend groter projekte in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies aanpak om misdaad proaktief te beveg en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng.

Raak by AfriForum se buurtwagte betrokke om te help om jou omgewing te beveilig. SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings