| |

Springs-gemeenskap hou sigbaarheidspatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Kempton Park, Brakpan, Edenvale en Springs het in samewerking met die SAPD en die gemeenskapspolisiëringsforum van Bakerton op Vrydag 11 Oktober 2019 ’n sigbaarheidspatrollie in Bakerton, Springs gehou.

“Die gemeenskap van Bakerton gaan swaar onder ’n vlaag van misdaad gebuk, wat veral motorkapings en breek-en-gryp-gevalle insluit. As gemeenskap kan ons dit nie bloot net aanvaar nie; daarom is dit belangrik om patrollies te hou om sigbaarheid te verhoog en samewerking met ander veiligheidsinstellings te versterk. Só help ons om die veiligheid van ons gemeenskappe daadwerklik te verhoog,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Die SAPD het ’n verdagte weens aanranding in hegtenis geneem nadat buurtwaglede en die SAPD verskeie gebiede in Springs se sentrale sakesektor besoek het.

“AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskappe om sélf hul veiligheid te prioritiseer. Gemeenskappe kan misdaad in hul omgewings help bekamp deur by veiligheidstrukture soos ons buurtwag betrokke te raak,” sluit Swart af.

SMS “Springs” na 45342 om by jou buurtwag aan te sluit (R1).

Soortgelyke plasings